7 August, 2020
Jesaja 24 Hier waar ek sit, besig met moreoggend se dagstukkie, krimp my moed ineen, en ek voel skoon misrabel. Dis koud en onplesierig. Buite woed ‘n verskriklike stormwind. Die voëltjies, wat gewoonlik in hulle hordes hier voor die huis…
6 August, 2020
Jesaja 23 Laaste aan die beurt in die reeks oordeelsuitsprake, is die Fenisiese kusgebied noordwes van Israel, met die hoofstad Tirus. Die stad Tirus het 'n baie interessante geskiedenis, en dit is een van die oudste stede ter wêreld wat…
5 August, 2020
Jesaja 22 Juda leer 'n baie duur les: hulle is nie die bevoorregte volk wat al God se oordele vryspring nie. Alle volke is in die hand van God, óók Juda! Hierdie uitspraak van God is teen “die plek waar…
4 August, 2020
Jesaja 21 Dis die blond, dis die blou, dis die veld, dis die lug. En 'n voël draai bowe in eensame vlug. Dis al. Dis 'n balling wat kom oor die oseaan, dis 'n graf in die gras, dis 'n…
3 August, 2020
Jesaja 20 Dit was die jaar 711vC. Op die troon in Egipte, het ‘n “Etiopiër” met die naam Sabako gesit. Hy was eintlik ‘n Nubiese koning van die land Kus, vandag bekend as Sudan. In daardie jare was alle swart…
31 July, 2020
Jesaja 19 “Die Here ry op 'n vinnige wolk, Hy gaan na Egipte toe. Egipte se gode is bang vir Hom, die Egiptenaars se harte verstyf van angs.” Met hierdie aangrypende gedig begin Jesaja hoofstuk 19. En soos jy sékerlik…
30 July, 2020
Jesaja 15-17 Soos ons gister gesien het, kondig Jesaja God se oordeel aan oor ‘n verskeidenheid volke. Volgende aan die beurt, in Jesaja 15 en 16 is Moab. Al ooit gewonder waar hierdie Moabiete waarvan ons dikwels in die Ou…
29 July, 2020
Jesaja 13 en 14 Ons het die eerste hoofdeel van Jesaja afgehandel. Hoofstukke 1 tot 12 handel oor uitsprake oor Juda en Israel. Die volgende hoofdeel, van Jesaja 13 tot 23 handel oor uitsprake oor die ander nasies. Nie alleen…
28 July, 2020
Jesaja 11:11-12:6 Oor die afgelope weke het ons gehoor van God se oordeel oor Israel en Juda. Inderdaad sou hulle vernietig word, en hulle sou oor die aarde verstrooi word in ballingskap. Gister het ons gelees van die dooie stomp…